)

Hoofleiers 2026 – Hoërskool Jim Fouché stel met trots bekend

Hoofleiers 2026. Schools That Rock gesels met skole se Hoofleiers 2026. JP Crous, Hoofseun 2026, gesels oor sy leierskap hierdie jaar.

“Die benaming hoofseun voel nie soos ’n titel nie, maar soos ’n kans om iets reg te stel. Ek het gesien hoe leerders deur die krake val omdat niemand regtig gekyk het nie. Ek wil die persoon wees wat kyk. “Hoofseun” is nie net ’n titel nie, maar ’n kans om ’n positiewe verskil te maak. Ek glo steeds dat jy ’n ook ‘n verskil kan maak sonder ’n titel agter jou naam.

My hoofverantwoordelikhede hierdie jaar is nie om net ’n gesig op ’n plakkaat te wees nie, maar om werklik teenwoordig te wees – in die gange, pouses en by gesprekke wat saak maak. As leerders my nie kan nader nie, het ek my werk nie gedoen nie.

Ek beskou my beste leierskapeienskappe as liefde en omgee. Ek laat mense voel hulle maak saak. Verder luister ek ook na hul menings en skep ’n veilige ruimte waar hulle eerlik met my kan praat. My grootste leierseienskap is dat ek my geloof uitleef en luister na God se leiding deur die Heilige Gees.

Aanhalings op ’n plakkaat

Ek gaan leerders nie inspireer deur aanhalings op ’n plakkaat nie, maar deur te wys dat hul storie nie klaar geskryf is nie. God het vir elkeen ’n plan. Soms is ’n eenvoudige glimlag genoeg om iemand te inspireer.

My hoofdoelwitte vir die jaar is om te sorg dat geen leerder mag voel dat hy of sy onsigbaar is nie. Gesprekke oor geestesgesondheid moet sonder skaamte gevoer kan word en dan ook dat ons skool se naam betekenis moet dra in hoe ons mekaar behandel.

My nuwe inisiatiewe vanjaar is dat ek ‘n veilige ruimte wil skep waar leerders eerlik kan praat oor lewensuitdagings – nie slegs akademie nie.

Wat inklusiwiteit en kulturele sensitiwiteit betref, trek ek mense in en maak seker niemand voel uitgesluit nie. Ek praat met die kinders wat alleen sit, want ek weet hoe dit voel.

As hoofseun van JF wil ek graag die tradisie behou dat al die seuns moet opstaan wanneer ons bid – dit moet bly voortbestaan.

Ek voel dat leerders Hoërskool Jim Fouché as skool moet kies. Ons inspireer nie slegs punte nie. Ons is ook mense om die lewe te leef wat God vir hulle gegee het.

As hoofseun ondersteun ek onderwysers en personeel deur hulle te erken en te bedank. ’n Vriendelike groet of ’n eenvoudige “hoe gaan dit?” beteken baie. Ek wil ’n kultuur skep waar leerders besef onderwysers gee werklik vir hulle om.”

“Baie dankie vir jou waardevolle bydrae, JP” – Schools That Rock

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal