Martin Theron van Hoërskool Strand is ‘n ywerige swemmer en neem gereeld aan gala’s deel. Hy het die afgelope naweek in Oudtshoorn by die Wes-Kaap Junior Kampioenskap aan 6 items deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
100m Vlinderslag – 1ste plek
200m Vryslag aflos – 1ste plek
200m Wisselslag aflos – 1ste plek
Vir die ander items het hy ‘n 6de en 4de plek behaal.