)

Hoërskool Strand se AR-sportportefeulje reël Domini-pret

Vrydag, 28 Februarie. Eerste pouse. Hoërskool Strand. DIE EERSTE DOMINO-KRAGMETING!!

Dit het gedreun en gedruis, daar is geklap op die tafels en gekraai van die lag toe die eerste kragmeting Vrydag plaasgevind het. As gevolg van die onaangename wind moes die eerste kragmeting in K 116 plaasvind – waar die geluide redelik oorverdowend was, maar geoordeel aan die rumoer, gelag en gepraat en menige “high fives” tussen die spelers, was dit groot pret.

Sestien spanne het deelgeneem – met Charl Morkel, wat aan die stuur van sake was om elkeen se speelbeurt te bepaal en tellings neergeskryf het. Dit was opvallend dat die deelnemers meestal graad 12’s en graad 8’s was – en dat die meisies van die ywerigste spelers is.

Daar word beplan om hierdie kompetisie tydens elke Vrydag se eerste pouse aan te bied – hopelik volgende keer in die buitelug, waar toeskouers ook kan deel in die pret!

Links: Charl Morkel in beheer, senior dames speel ook lekker saam asook senior manne!
Groot beplanning en groot en klein was daar.
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal