Die WP/ Wynland Junior Toutrekkampioenskap wat die afgelope Saterdag by Hoƫrskool Westcliff aangebied is, het beslis vir baie opwinding en drama gesorg. Daar was bykans 200 spanne en daar is intens meegeding vir WP- en Wynlandkleure, asook die gesogte medaljes wat op die spel was.
Met die hitte wat al hoe feller geraak het, het HoĆ«rskool Strand se 520kg gemengde span op die veld gegaan en van meet af beĆÆndruk met hul ritme en krag.Ā Hulle het vir groot opwinding gesorg toe hulle aangewys is as die beste WP-span en ān algehele derde plek verwerf het. Die Arende se B-span was die verrassing van die dag toe hulle menige ander A-span in die grond getrek het en algeheel vierde geĆ«indig het ā ān uitstekende prestasie!
Die dag het besonder āstadigā begin, maar momentum opgebou toe die Arende se 440kg meisies uitstekend gevaar het en ān welverdiende brons medalje verower het. Hierdie jong spannetjie moet in die toekoms dopgehou word, want hulle bars uit hul nate met potensiaal. Dit was ook verblydend om te sien hoe intens die res van die Arend-toutrekatlete hul spanmaats aangemoedig het. Dit was waarlik ān ondervinding vir die nuwe trekkers om te kon deel in hierdie ervaring.
Hoƫrskool Strand kan baie trots wees op die gees en sportmanskap wat hul 43 toutrekkers uitgestraal het. Hulle was en is ware ambassadeurs vir die skool en vir die Helderberg!
Nou verskuif die klem na die laaste twee weke se harde en gefokuste voorbereiding vir die taai SA Junior Toutrekkampioenskap wat oor twee weke in Worcester plaasvind.Ā Die Helderberggemeenskap wens die afrigters, toutrek-atlete en hul ouers net die beste toe met hul deelname aan hierdie laaste kampetisie!
Riaan Nowers