Die Downsindroom Vereniging se Fietsry-vir-fondse-span is vanjaar besig met hulle 20ste fietstoer.
Oakdale is jaarliks een van hul gunstelingbesoekpunte en vanjaar was geen uitsondering nie. “Ek kan met alle eerlikheid sê dat ons wegspring by Oakdale beslis vir ons ‘n hoogtepunt is. Die skool is so pragtig en die ontvangs altyd vriendelik en daai wonderlike kinders – mens kan hulle respek vir mekaar en ander sien en beleef, “ volgens me. Tineke Ganz-Malan, Downsindroom-vereniging bestuurder.
Die Oakdale-orkes het ‘n spesiale optrede gereël en gesorg dat die “sing” weer terug in die fietsryers se speke kom! Die Oakdalers het vanjaar ‘n bedrag van R3 000 tot die fonds bygedra.