)

Hoërskool Strand sluit interessante Krieket-seisoen af

0.14 Krieketspan

Voor vlnr: Nathan Drotskie, Darren Dramat, Sherwin April, Jamie Jacobs en Tyron Nicholas.

Agter vlnr: LW Coetzee, Janu Fouché, Selwyn Ortell, Marais Westraat, Lee-Hogan Gordon en Ethan Leonard.

Afwesig op foto: Canzius Erwee.

Die seisoen van 2019/ 20 het letterlik op ‘n warm noot geëindig. Die hittegolf wat die Boland getref het, het speeltoestande aansienlik bemoeilik.

Tog is twee baie interessante wedstryde afgehandel. Die eerste span het naelskraap met 9 lopies teen die hoogaangeskrewe Boland Landbou verloor. Dit was ‘n wedstryd wat die heeltyd wipplank gery het. Henco Stofberg het vir oulaas met 39 lopies uitgeblink en Guillaume Jansen het absoluut briljant geboul en 3 paaltjies vir 9 lopies platgetrek.

Hierdie twee staatmakers, wat albei meer as 50 wedstryde vir die eerste span gespeel het, sal baie gemis word.

Die O/14A-span het verrassend met 10 paaltjies teen Hermanus gewen. Vir jare probeer die eerste span Hermanus klop, maar sonder sukses. Nou wys die juniors hoe dit gedoen moet word. Hermanus is op hulle tuisveld vir ‘n skamele 52 lopies uitgeboul. Nathan Drotskie was briljant en het 4 paaltjies vir 7 lopies platgetrek. Strand het hierdie telling sonder die verlies van ‘n paaltjie verbygesteek. ‘n Aanvangsvennootskap van meer as 50 lopies is al klaar ‘n groot prestasie!

Alle eer aan al die spelers en afrigters wat die hitte die afgelope seisoen getrotseer het en uitstekende krieket gespeel het. Die seisoen het talle hoogtepunte opgelewer waarop die skool met reg trots kan wees.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal