)

Hoërskool Punt Netbal – Bosmansdam-toernooi

Agter vlnr: Lereen Mostert, Courtney Williams, Charnique Prins, Lee-Schen Muller, Antorien Alberts, Carmel Treurnicht en Lindy Basson (aftigter).

Voor vlnr: Dané Barnard, Jaydé Hermanus en Shani Pick

Gedurende die naweek van 28 en 29 Februarie het nege van Hoërskool Punt se eerstespan-dogters aan die Bosmansdam Knights-netbaltoernooi deelgeneem. ‘n Totaal van 18 O.18 spanne, meerendeels Wes-Kaap skole, het aan die toernooi deelgeneem.

Die toernooi is in ‘n rondomtalie formaat, met wedstryde van 14minute elk, gespeel. Hoërskool Punt het eerste in hul groep geëindig nadat hulle hul groepswedstryde teen Cape Town High School en Fairbairn College onderskeidelik 13 – 1 en 11 – 2 gewen het.

In die kwarteindstryd kom Punt te staan teen Hoërskool Elsiesrivier en wen gemaklik met 14 – 0. Die semi-finaal word ook maklik teen Masimbane gewen met ‘n telling van 11 – 0. In ‘n naelbyt finaal teen Hoërskool De Kuilen het die dogters dit reggekry om die finaal 10 – 9 te wen.

Die span word dus gekroon as die wenners van die o.18 toernooi!!

Voor die lang pad huistoe, het die dogters eers hul wen gevier deur eers lywe in die see te gaan natmaak.  Met sulke goeie uitslae, so aan die begin van die seisoen, is Punt vreeslik opgewonde vir dit wat hierdie jaar vir hul netbal voorlê!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal