Hoërskool Strand se seunshokkiespan het vroeg in die seisoen ‘n voorsmakie gegee van die kwaliteit hokkie wat hulle kan speel toe hulle op Maandag, 17 Februarie, teen ‘n toerspan van Aldenham gespeel het. Twee uitstekende doele is deur Josh Schwartz en Armandt le Roux aangeteken. Die Engelsmanne het egter gewys wat harde hokkie is en met 3-2 geseëvier.
Die krieketwedstryde kon ongelukkig nie plaasvind nie, aangesien die oggend se onverwagte reën die voorbereiding van die kolfblad belemmer het. Die krieketspanne het egter in die nette geoefen en die aand by die funksie saamgekuier.
Die aand is afgesluit met ‘n geselligheid in die sentrum waar die hokkie- en krieketspelers heerlik saam gekuier het.