)

Hoërskool Strand se onderwysers blink uit

Dit is nie net spelers by Hoërskool Strand wat presteer nie – daar is ook verskeie Arend-onderwysers en –afrigters wat baie aktief by sport betrokke is.

Kieron van der Merwe, die afrigter van die eerste rugbyspan, het die geleentheid gekry om in die September-vakansie ‘n rugbyspan na Italië te vergesel. Spumante Sports Travel kies jaarliks ‘n span, wat as die Buffalo’s bekend staan, uit die skole in die WP en hy is as die afrigter van hierdie span aangewys.

Christiaan Theron, krieket-organiseerder en afrigter van die eerste krieketspan by Hoërskool Strand, het self op skool in verskeie ouderdomsgroepe Boland-kleure verwerf. In 2013 het hy premierligakrieket vir Redruth Krieketklub in die suide van Engeland gespeel.

Hy is ook die afrigter van die onder 17 Helderberg-span en een van die keurders van die Boland O.15 en O.17-spanne.

Anso Kemp, Hoërskool Strand se bemarker en trotse oud-Arend, tree al die afgelope vier jaar as internasionale netbalskeidsregter op en reeds die afgelope tien jaar as NSA A-skeidsregter. In 2017 het sy by die Wêreld Jeugkampioenskap die finaal as skeidsregter behartig. Intussen was daar ook verskeie ander toetsreekse, onder andere die Constellation Cup in Nieu-Seeland en Australië, asook die Quad Series in Engeland, waar sy twee maal opgetree het. Die grootste toernooi tot dusver was in Julie 2019 – die Wêreldbekerkampioenskap in Liverpool.
Dan was Anso ook vanaf 2004-2012 provinsiale afrigter van onder 19 en onder 21-spanne.

Leani van der Merwe, hokkie-organiseerder en afrigter van die eerste meisies-hokkiespan, tree gereeld as skeidsregter by nasionale toernooie op. In Maart 2020 gaan sy by die senior nasionale binnenshuise hokkietoernooi in Durban as een van die skeidsregters optree.

Sy speel ook vir die afgelope agt jaar vir die Suid-Afrikaanse Plattelandse A-span hokkie.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal