Hoërskool Strand het Woensdag, 12 Februarie, hul opedag aangebied aan laerskole in hul omgewing. Graad 7 leerders en hul ouers het die geleentheid gehad om die uitstallings te besigtig waarna hul toegespreek is deur die skoolhoof van Hoërskool Strand, mnr. Danie Malan.
Foto’s deur Esterlie Maré, ‘n graad 12-leerder en fotograaf van die Suidooster-skoolkoerant.