)

Hoërskool Strand neem deel aan Internasionale Robotika-kompetisie

Gerrit Born, Jozua Bezuidenhout en Brendon van Rooyen.

Vier leerders van Strand het in Desember 2019 uitstekende resultate behaal met hul deelname aan die nasionale rondte van ’n internasionale robotika-kompetisie. Josua Bezuidenhout (14), Gerrit Born (15), Brendon van Rooyen (15) van Hoërskool Strand, en Cuan Hatting (15) van Natural Learning Academy het in Oktober by die Wes-Kaapse streekskompetisie deurgedring tot die nasionale vlak van die kompetisie deur toppunte te behaal met die voorlegging van ’n bobaas navorsingsprojek. Hulle het ’n robot ontwerp wat voorgeskrewe take suksesvol kon doen, en het goeie spanwerk en gemeenskapsbetrokkenheid gedemonstreer.

By die nasionale kompetisie in Johannesburg op 6 en 7 Desember, het die span – die Beach Bots – deelgeneem teen die top-spanne van al nege provinsies, sowel as ander lande in suidelike Afrika.  By dié rondte was die span se robot só suksesvol dat dit die prys vir die beste meganiese ontwerp opgeraap het voor meer as 200 ander robotte wat ingeskryf is.

Die robotika-kompetisie, FIRST LEGO League, is ’n internasionale robotika-liga wat moontlik gemaak word deur FIRST en die LEGO groep. FIRST (For the Inspiration and Recognition of Science and Technology) is ’n internasionale organisasie sonder winsbejag wat programme bied wat kinders aanmoedig om innoverend te dink, ander met respek te behandel, en hulle bloot te stel aan beroepsmoontlikhede in die “STEM”-veld.

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal