Strand se 1ste span. Vlnr: Ané Braasch, Une Benade, Justine Matthew, Hanli Huisman, mnr. Terence Samuels (Philwest), Ruan Louw, CJ Smit, Chrisjan Van Zanten en Charl Morkel.
Die interskole tenniswedstryde tussen Parel Vallei en Hoërskool Strand het op Maandag, 3 Februarie, plaasgevind.
Dit was ‘n baie warm middag met baie min wind. By die skoolbane het die A-spanne opwinde en kompeterende tennis opgedis en tot die einde was dit puik tennis. Strand A seuns en dogters is dan ook met baie vreugde die wenners van hierdie wedstryde. Die tellings is onderskeidelik 4-2 en 4-2.
Die B-spanne het by die klubbane gespeel en hier is ook goeie tennis gespeel, maar ongelukkig was Parel Vallei net te sterk en wen 6-0 en 5-1. Daarmee is Parel Vallei dan die wenners van die Interskole 2020.
Baie geluk aan al die spelers. Hoërskool Strand is voorwaar trots op hierdie spelers en daar word uitgesien na die 2021 tennis-interskole.