Op Saterdag, 14 Maart, het die Rugby-, Hokkie- en Netbalspanne van die twee skole in Mosselbaai teen mekaar te staan gekom. Dit was ‘n heerlike sonskyndag en die sportspanne het pragtige spel gelewer. Die belangrikste was egter die mooi gees waarin die plaasgevind het.
Netbal uitslae:
o.14 B: 12 – 11 (wen)
o.14 A: 26 – 8 (wen)
o.15 B: 9 – 12 (verloor)
o.15 A: 16 – 22 (verloor)
o.16 B: 11 – 27 (verloor)
o.16 A: 11 – 19 (verloor)
o.17 B: 2 – 7 (verloor)
o.17 A: 5 – 27 (verloor)
o.18 B: 39 – 4 (wen)
o.18 A:27 – 29 (verloor)
Ten spyte van die tellings het Punt se dogters hul beste gegee en was vol ywer op en langs die baan. Die dogters het ‘n baie positiewe gesindheid en daar lê ‘n baie goeie seisoen vir Punt-netbal voor.