Op Saterdag, 14 Maart, het die Rugby-, Hokkie- en Netbalspanne van die twee skole in Mosselbaai teen mekaar te staan gekom. Dit was ‘n heerlike sonskyndag en die sportspanne het pragtige spel gelewer. Die belangrikste was egter die mooi gees waarin die plaasgevind het.
Rugby:
o.14 A wen 21 – 15
o.15 A wen 24 – 5
o.15 B verloor 0 – 21 teen Sao Bras se o/15-span
o.16 A verloor 5 – 29
o.16 B verloor 13 -14
o.19 B verloor 0 – 21
o.19 A Verloor 22 – 26 in die laaste minute van die wedstryd in ‘n uiters spannende wedstryd.
Die twee o/19A-spanne het die toeskouers bederf met aanskoulike rugby en die wen kon na enige kant toe gaan. Punt se manne het voluit en met passie gespeel vir hul ondersteuners op die pawiljoen. Die skool sien ‘n blink toekoms vir Punt-rugby!