Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me S Hurford
Geboortedorp: Garies (Namakwaland)
Skool gematrikuleer : Hoërskool Garies
Verdere studies by: Stellenbosch , UNISA
Vorige skole waar u onderwys gegee het:
El Shaddai Christian School (Durbanville),
Therfield (Engeland);
Rydens enterprise school (Engeland);
Hoërskool Heidelberg (Wes-Kaap)
Vakke wat u tans by Punt aanbied: Fisiese Wetenskappe Gr10 en 12
Stokperdjies: Groentetuin en Naaldwerk
Iets interessant omtrent uself: Ek eet nie graag sjokolade of kaas nie en drink glad nie koffie nie.
My boodskap aan ons Punt-familie: Ek voel nou is die tyd om in u kind te belê, dis tyd om na hul harte te luister en gebreekte brûe te herstel. U het nou die kans om gesonde inspraak te lewer en opnuut u kind te leer ken. Kom ons maak gebruik van hierdie geleende tyd wat aan ons geskenk is.