)

HOËRSKOOL PUNT: LEER JOU ONDERWYSER KEN – Me M Melvill

Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me A M Melvill

Geboortedorp: Benoni (klapgesiggie)
Skool gematrikuleer: Hoërskool Framesby (1983)
Verdere studies by: UPE (NMU)

Vorige skole waar ek onderwys gegee het:
1. HHH (Somerset-Wes)
2. Dale College (King William’s Town)
3. Collegiate Girls High (PE)
4. Victoria Park High (PE)
5. Hoër Volkskool (Graaff-Reinet)
6. Union High School (Graaff-Reinet)
7. Hoërskool Punt (tans)

Vakke wat ek tans by Punt aanbied: Afr. EAT, Afr. HT en Eng. AT

Sport/Kultuur/Akademiese deelname/prestasies op skool of daarna:
Kapteine van 3de hokkiespan, Atletiek van gr. 8 tot 12, Netbal, 2de span (AV), Drama, Onder-voorsitter van Biologie vereniging, CSV Kringleidster en Landloop.
Universiteit: Hekkies, Sanggroep en Skouspring
Buite-sport tydens loopbaan: Uithouritte (Midlands Club)

Stokperdjies: Skilder/skets, Blokraaisels/woordspeletjies en sing

Iets interessant oor myself wat jul dalk nie weet nie:
Sjoe, ek was 29 toe ek gekies is om in Model van die Jaar in PE deel te neem. Dit was op die dag van die World Cup in 1995 toe ek geselekteer is.
Ek het al omtrent 60 000 km onder saal afgelê oor 15 jaar, waarvan ek weet. (Kompetisie ure, sosiaal en oefenure.)
Ek het 2 geregistreerde CDs. Nie vir verkoop nie. Dit was ‘n doelwit.
Ek het 2 musiekvideos op YouTube.
Hier is een: https://youtu.be/6JuP18FQays
Ek sing graag by funksies en vir mense by ouetehuise.
Ek doen dit vir die lekkerte, nie om beroemd te word nie.
My laaste doelwit is om ‘ n Gospel CD te voltooi. Ek werk daaraan.
Ek het as hoërskool dogter en student 8 jaar lank my pa se melkery (dairy) bestuur. Soggens 04:00 opgestaan om die koeie bymekaar te kry en alles te prosesseer. Dan moes ek regmaak vir skool. Ons het destyds aan Nestle melk verskaf.
Laastens, maar beslis nie die minste nie, ek het 2 ongelooflike kinders, Michelle en Johann.

My boodskap aan ons Punt-familie: Ons moet almal besef ons kan NIKS sonder ons Skepper doen nie. Ons moet tyd in Sy Woord spandeer om Sy doel vir ons te besef. Doen alles tot eer van Hom. (Selfs huiswerk)
Wees lief vir jou ouers, voogde, vriende, vriendinne, kinders, familie, troeteldiere, jou skool en die onderwysers.
Leef volgens Sy 10 wette wat Hy uit liefde vir ons gegee het om ons te beskerm.
Bou op. Gee om. Wys geduld. Wees lief. Bid gereeld. Dien Hom.
Lief julle almal oneindig baie.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal