)

Hoërskool Punt: Leer jou onderwyser ken – Me M Myburgh

Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers bekend: Me M Myburgh

Gebore in: Riversdal
Gematrikuleer by: Hoërskool Langenhoven (Riversdal) Verdere studies by: CPUT: Wellington

Vorige skole waar ek onderwys gegee het: Laerskool Caledon

Vakke wat ek tans aanbied: Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid

SPORT/KULTUUR/AKADEMIESE prestasies op skool endaarna:

“Ek was een van daardie leerders wat alles op skool gedoen het!
•VRL graad 8 – 12
•Top 10 akademie: graad 8 – 12
•Beste junior redenaar
•Koinonia kringleier
•Dasblits redakteur (skoolkoerant)
•Klavier: ALMSA graad 7
•SWD netbal (gr. 11 en 12)
•Voortrekkerpenning vir kultuur en leierskap
•Hoofdogter

Universiteit:
•Peerhelper voorsitter
•Biologie assisstent
•Akademiese erkenning (eerstejaar tot vierdejaar)
•Cum Laude”

Stokperdjies: Sudoku (ek het in die lockdown besef sudoku is ‘n groot stokperdjie!) en klavier speel

Iets interessant omtrent myself: Ek het ALMSA graad 7 (klavier) geslaag en is die oudste van 4 kinders!

My boodskap aan Punt: So lekker soos wat dit is om nou ‘n bietjie later in die oggend te lê, mis ek elke vriendlike groet en klas (soet of minder soet) ongelooflik baie! Ek het gedink ‘n langer “vakansie” gaan heerlik wees, maar ek kan nie wag om terug te gaan skool toe nie!
Aangesien ek op skool teen Punt moes kompeteer het ek ‘n baie ander opinie van die skool gehad as nou – ek besef nou ek was heeltemal verkeerd. Dit is ‘n groot voorreg om deel van Punt se personeel te wees en ek is elke dag dankbaar dat ek my onderwysloopbaan hier kan voorsit!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal