Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers bekend: Me M Myburgh
Gematrikuleer by: Hoërskool Langenhoven (Riversdal) Verdere studies by: CPUT: Wellington
Vorige skole waar ek onderwys gegee het: Laerskool Caledon
Vakke wat ek tans aanbied: Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid
SPORT/KULTUUR/AKADEMIESE prestasies op skool endaarna:
“Ek was een van daardie leerders wat alles op skool gedoen het!
•VRL graad 8 – 12
•Top 10 akademie: graad 8 – 12
•Beste junior redenaar
•Koinonia kringleier
•Dasblits redakteur (skoolkoerant)
•Klavier: ALMSA graad 7
•SWD netbal (gr. 11 en 12)
•Voortrekkerpenning vir kultuur en leierskap
•Hoofdogter
Universiteit:
•Peerhelper voorsitter
•Biologie assisstent
•Akademiese erkenning (eerstejaar tot vierdejaar)
•Cum Laude”
Stokperdjies: Sudoku (ek het in die lockdown besef sudoku is ‘n groot stokperdjie!) en klavier speel
Iets interessant omtrent myself: Ek het ALMSA graad 7 (klavier) geslaag en is die oudste van 4 kinders!
My boodskap aan Punt: So lekker soos wat dit is om nou ‘n bietjie later in die oggend te lê, mis ek elke vriendlike groet en klas (soet of minder soet) ongelooflik baie! Ek het gedink ‘n langer “vakansie” gaan heerlik wees, maar ek kan nie wag om terug te gaan skool toe nie!
Aangesien ek op skool teen Punt moes kompeteer het ek ‘n baie ander opinie van die skool gehad as nou – ek besef nou ek was heeltemal verkeerd. Dit is ‘n groot voorreg om deel van Punt se personeel te wees en ek is elke dag dankbaar dat ek my onderwysloopbaan hier kan voorsit!