)

Hoërskool Punt: leer jou onderwyser ken – Me C D’Elboux

Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me C D’Elboux

Me. C. D’Elboux

Geboortedorp: Kaapstad
Skool gematrikuleer: Hoërskool Punt
Verdere studies by: CPUT Wellington

Vorige skole waar ek onderwys gegee het:
“Proeftydperk: Hoërskool Vredenburg en Outeniqua Hoërskool.
Werk: Hoërskool Punt”

Vakke wat u tans by Punt aanbied: Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid

Sport/Kultuur/Akademiese prestasies op skool of daarna: Skool – Netbal, Perdry, Hokkie, Koor en Prefek

Universiteit: Studenteraad, Organiseerder van Mnr en Mej CPUT Wellington, Organiseerder van Mr and Miss Carnival, Kampus Fotograaf, Cum Laude B.Ed Graad

Stokperdjies: Fotografie, Graphic designs en Bordspeletjies

Iets interessant omtrent myself: Ek is die enigste kind. Beide my ouers is van Namibië. Ek het ‘n Portugese agtergrond vanaf my ma se familie. My nooiensvan is Kühn.

My bookskap aan Punt: Dit is n groot voorreg vir my om by my hoërskool te werk as onnie. Vanaf my hoërskooljare by Punt het ek ‘n groot trots ontwikkel vir ons skool. Ek is dankbaar vir elke kind wat al oor my pad gekom het. Elke kind het my iets geleer, al was dit net geduld of kreatiewe gedagtes oor “As ek net…”. Elke kind het ‘n spesiale plekkie in my hart, al was jy een van die stoutes. As ‘n oud-vis wil ek vir elke vis en toekomstige vis sê om die beste van jou 5 jaar te maak. Dit gaan hopeloos te vinnig verby. Onthou om positief te bly in die moeilike en harde tye. God sal jou nie ‘n situasie gee as hy nie dink jy sal dit kan hanteer nie.

Baie liefde van Juf Elbow

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal