Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me C D’Elboux
Me. C. D’Elboux
Geboortedorp: Kaapstad
Skool gematrikuleer: Hoërskool Punt
Verdere studies by: CPUT Wellington
Vorige skole waar ek onderwys gegee het:
“Proeftydperk: Hoërskool Vredenburg en Outeniqua Hoërskool.
Werk: Hoërskool Punt”
Vakke wat u tans by Punt aanbied: Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid
Sport/Kultuur/Akademiese prestasies op skool of daarna: Skool – Netbal, Perdry, Hokkie, Koor en Prefek
Universiteit: Studenteraad, Organiseerder van Mnr en Mej CPUT Wellington, Organiseerder van Mr and Miss Carnival, Kampus Fotograaf, Cum Laude B.Ed Graad
Stokperdjies: Fotografie, Graphic designs en Bordspeletjies
Iets interessant omtrent myself: Ek is die enigste kind. Beide my ouers is van Namibië. Ek het ‘n Portugese agtergrond vanaf my ma se familie. My nooiensvan is Kühn.
My bookskap aan Punt: Dit is n groot voorreg vir my om by my hoërskool te werk as onnie. Vanaf my hoërskooljare by Punt het ek ‘n groot trots ontwikkel vir ons skool. Ek is dankbaar vir elke kind wat al oor my pad gekom het. Elke kind het my iets geleer, al was dit net geduld of kreatiewe gedagtes oor “As ek net…”. Elke kind het ‘n spesiale plekkie in my hart, al was jy een van die stoutes. As ‘n oud-vis wil ek vir elke vis en toekomstige vis sê om die beste van jou 5 jaar te maak. Dit gaan hopeloos te vinnig verby. Onthou om positief te bly in die moeilike en harde tye. God sal jou nie ‘n situasie gee as hy nie dink jy sal dit kan hanteer nie.
Baie liefde van Juf Elbow