Schools That Rock publiseer kort berigte oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Durbanville in Kaapstad is bekend daarvoor dat talle oud-leerders, na skool, uitgestyg het in die lewe!
Amore Bekker is ‘n bekende radio persoonlikheid. Amore is in Burgersdorp gebore. Sy het grootgeword in Durbanville. Amore hwt haar laerskoolloopbaan aan Kenridge Primary School, Bellville voltooi en haar hoërskoollpbaan aan Hoërskool Durbanville. Sy het ook haar baccalaureusgraad in Drama aan die Potchefstroom Universiteit behaal.
Voordat Amore haar loopbaan as radio-omroeper begin het, het sy vir drie maande in Otautau, New Zealand gewerk as skaapskeerder!
Amore het, voordat sy by die SAUK in 2003 aangeskuit het, by Algoa FM, Goeiehoop FM, KFM en Radio Rippel gewerk. Sy is steeds werksaam by die SAUK as omroeper.
Amore het verskeie toekennings ontvang:
2007ATKV-mediaveertjie in kategorie Beste Afrikaanse omroeper (vir Tjailatyd).
- 2009 ATKV-mediaveertjie in kategorie Beste Afrikaanse omroeper (vir Tjailatyd).
- 2009 ATKV-mediaveertjie in die kategorie beste Afrikaanse radio onderhoud vir haar onderhoud met Emeritus Aardsbiskop Desmond Tutu.
- 2011 ATKV-mediaveertjie in die kategorie Beste insetsel in ‘n radio-program vir haar “Bottels vir Beaufort” projek.
Amore is steeds werksaam by die SAUK as omroeper.