Pryswenners:
Agter vlnr: Daniel van Schalkwyk (Van Rensburgs Veilings), Morné Struass (pryswenner), Christo Vorster (Skoolhoof: Hoërskool Outeniqua), Martin Wolmarans (Beste koper), Sam Hewitt (pryswenner) en Adam Clifton (pryswenner namens Marcel de Ridder)
Voor vlnr: Dickie Hagerman (pryswenner), Marlene Durandt (Koper van wenduif asook hoogste bod vir ‘n lot betaal) en Ronél Lamprecht, organiseerder van die skool se Bemarkingskantoor.
Wenners afwesig : Hans Otto en Stephan Gericke
Marlene en Martin het beide ook ‘n gratis Wen ‘n Miljoen kaartjie ontvang vir hul ondersteuning en kwalifiseer daarmee dus vir die trekking van ‘n R1 000 000 WENNER wat op 17 Januarie 2020 aangekondig word!
Die Kwaggas het met die bedrewe en kundige ondersteuning van Van Rensburgs Veilings en Moore Ouditeure, op 11 Oktober hul eerste opwindende Duiwe Wedvlug Veiling aangebied.
Die geleentheid is geesdriftig en met groot lojaliteit deur ondersteuners, ouers, oud-Kwaggas en borge ondersteun. Die begunstigdes van die fondsinsameling is die Karoo Vleisboere Gemeenskapstrust en die Kwagga Trust.
Tydens ‘n ontbyt, na afloop van die funksie, is die pryswenners en borge van die geleentheid heelhartig bedank deur die skoolhoof, Mnr Christo Vorster, vir hul heelhartige ondersteuning en positiewe gesindheid teenoor die Kwaggas.