)

Hoërskool Nelspruit se Nina van Eeden sing nou as NinaVé

NinaVé, oftewel Nina van Eeden, Gr 12 leerder aan Hoërskool Nelspruit, is ‘n meisie met baie groot drome.

Hierdie Uitvoerende kunste leerder mik na Dallas – verwys na die berig op 20 Februarie

Hoërskool Nelspruit uitvoerende kunste leerder mik na Dallas

Nina het besluit om haar naam te ‘verander’ omdat sy oortuig is dat die Amerikaners nie haar naam sal kan uitspreek “wanneer ek my Oscar ontvang nie”.

Nina het eers in Gr 8 ‘uit die kas begin klim’. Sy het dié jaar die hoofrol in hul Gr 8 konsert vertolk en ook die prys as beste aktrise ontvang. Sy het ook in Gr 8 begin met sanglesse by haar mentor Natascha C en die volgende jaar met dramalesse by die voormalige aktrise, Annette Engelbrecht.

Nina ontvang tans haar dramalesse by Frances van Niekerk.

Sy het in Gr 10 drie solo’s gesing as lid van Hoërskool Nelspruit se revuegroep. Nina het in 2018 aan die South African Talent Championship (Satch) deelgeneem wat sy met lof geslaag het! Nina gaan gedurende Junie vanjaar aan die internasionale rondte in Dallas, Texas deelneem.

Ter voorbereiding en as fondsinsamelingsinisiatief, is sy reeds bespreek vir twee solo-opvoerings in Maart.

  1. Ondersteun haar gerus by haar opvoering Diva2Diva (NinaVé en Natascha C) Donderdag,, 7 Maart by Zweelo’s Nelspruit (Gholf-oefenbaan by Elawini) om 18:00 teen R50 per persoon.
  2. Kontak Charné (083 822 8887) vir besprekings.
  3. Op Vrydag, 8 Maart, tree sy op by die Cansa Hope Picnic in die Nelspruit Botaniese Tuin vanaf 18:00.
  4. Kaartjies is R100 per volwassene, laerskoolleerlinge R50 en gratis ingang vir voorskoolse kinders. Kontak Marilize (013 741 5294).
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal