)

Hoërskool Nelspruit uitvoerende kunste leerder mik na Dallas

Nina van Eeden, (graad 12) in Hoërskool Nelspruit, het in September 2018 in die Nasionale rondte van SATCH (South African Talent Championship) twee goue medaljes in sang en drama verwerf.

Met dié prestasie dring sy deur na die internasionale rondte wat einde Junie 2019 in Dallas, Texas plaasvind.

Die geleentheid sal vir Nina die nodige blootstelling gee om haar loopbaan in die uitvoerende kunste ‘n hupstoot te gee.

Ter voorbereiding en as fondsinsamelingsinisiatief, is sy reeds bespreek vir twee solo-opvoerings in Maart.

Ondersteun haar gerus by die volgende opvoerings:

  1. Sondag 3 Maart 2019 om 12:00 by Bohemian Groove in Kaapschehoop teen R30 per persoon. Bespreek by Andrea (076 764 7625).
  2. Diva2Diva (NinaVé en Natascha C) Donderdag 7 Maart 2019 by Zweelo’s Nelspruit (Gholf-oefenbaan by Elawini) om 18:00 teen R50 per persoon. Kontak Charné (083 822 8887) vir besprekings.
  3. Vrydag 8 Maart 2019 by die Cansa Hope Picnic in die Nelspruit Botaniese Tuin vanaf 18:00. Kaartjies is R100 per volwassene, laerskoolleerlinge R50 en gratis ingang vir voorskoolse kinders. Kontak Marilize (013 741 5294).
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal