Nina van Eeden, (graad 12) in Hoërskool Nelspruit, het in September 2018 in die Nasionale rondte van SATCH (South African Talent Championship) twee goue medaljes in sang en drama verwerf.
Met dié prestasie dring sy deur na die internasionale rondte wat einde Junie 2019 in Dallas, Texas plaasvind.
Die geleentheid sal vir Nina die nodige blootstelling gee om haar loopbaan in die uitvoerende kunste ‘n hupstoot te gee.
Ter voorbereiding en as fondsinsamelingsinisiatief, is sy reeds bespreek vir twee solo-opvoerings in Maart.
Ondersteun haar gerus by die volgende opvoerings:
- Sondag 3 Maart 2019 om 12:00 by Bohemian Groove in Kaapschehoop teen R30 per persoon. Bespreek by Andrea (076 764 7625).
- Diva2Diva (NinaVé en Natascha C) Donderdag 7 Maart 2019 by Zweelo’s Nelspruit (Gholf-oefenbaan by Elawini) om 18:00 teen R50 per persoon. Kontak Charné (083 822 8887) vir besprekings.
- Vrydag 8 Maart 2019 by die Cansa Hope Picnic in die Nelspruit Botaniese Tuin vanaf 18:00. Kaartjies is R100 per volwassene, laerskoolleerlinge R50 en gratis ingang vir voorskoolse kinders. Kontak Marilize (013 741 5294).