Sit hand by vir die omgewing – O’Dine Lategan
Die Groen-klub van Hoërskool Strand het tydens die eerste kwartaal by verskeie geleenthede hand uitgesteek om ’n verskil aan die omgewing te maak.
In Januarie het lede van Groen, as deel van ’n groter gemeenskapsprojek, gehelp om die Lourensrivier en sy banke skoon te maak. Voorts het Gr. 10-12 lede van Groen vrywilligerswerk by die Paardevlei Cheetah Sanctuary gedoen.
Die groep het ook reeds hul eerste twee strandskoonmake vir die jaar agter die rug, waartydens daar onderskeidelik op die area rondom die lewensreddersklub en die stalletjies-area by die Pavilion gefokus is.
Wel gedaan, Groen-klub!