Laerskool Mooirivier van Potchefstroom se swemspan het op 1 en 2 Februarie aan die Noordwes Laerskole swemkampioenskap by die Dam Oord deelgeneem en gewen. Die skool het in 2015 laas die swemtrofee omhoog gehou. Vanjaar het die Tokkies weer daarin geslaag om water in al die Noordwesspanne se oë te laat spat en papsopnat druipstert huistoe te stuur.
Die swemmers is lede van verskillende swemklubs in Potchefstroom.
Die volgende swemmers het almal goue medaljes by die Noordwes Laerskole Swemkampioenskap verower:
Malan Jacobsz, Xandri Palmer, Joë Kriek, Alexia Delicado, Tumé van Niekerk, Michael Bernardo, Ruan van Niekerk en Pieter-Jacq du Toit.
Foto bo: Voor: Malan Jacobsz met die die Noordwes Laerskole Swemkampioentrofee
Middel vlnr: Erma Loggenberg (organiseerder), Xandri Palmer, Joë Kriek, Alexia Delicado en Tumé van Niekerk.
Agter vlnr: Michael Bernardo, Ruan van Niekerk en Pieter-Jacq du Toit.
Die swemmers wat silwer medaljes by die Noordwes Laerskole Swemkampioenskap behaal het: Malan Jacobsz, Xandri Palmer, Joë Kriek, Alexia Delicado, Tumé van Niekerk, John-Thomas Botha, Schalk de Vos, en Pieter-Jacq du Toit.