)

Hoërskool Monument se bergfietsryers presteer tydens “Tour de Blieng”

‘n Rekordgetal van 920 bergfietsryers van 78 skole het Saterdag, 16 September 2017 aan die laaste Gautengwedren, Tour de Blieng by St Stithians deelgeneem.

Die top SA skole neem al vir meer as 10 jaar aan diè kompetisie deel en alhoewel Hoërskool Monument (Monnas) nou eers vier jaar betrokke is, eindig diè span algeheel 4de uit 78 skole.

Monnas se afrigter, Tania Kelfkens sê diè was een van die moeilikste kompetisies nòg maar dat die Monnasryers besonderse uithouvermoë gewys het en steeds uitstekend gevaar het.

“Ek is so trots op my span, hulle grou altyd bietjie dieper, oefen met ‘n doel en stel altyd baie hoë standaarde vir hulself.  Meestal is ek trots omdat hulle altyd nedering bly maak nie saak wát hulle bereik nie” het Kelfkens bygevoeg.

Keagan Bontekoning blink uit deur die goue medalje vir ‘n derde agtereenvolgende keer te wen in die junior-seunsafdeling.

Sarah Hall wen die silwer medalje vir die junior dogters 17 – 18 jaar en John-Dean de Villiers kry weereens ‘n plek op die podium deur 4de algeheel te eindig vir die sub-junior seuns – 13 – 14 jaar.

Met hierdie prestasies kwalifiseer 10 Monnasryers om 6 – 8 Oktober 2017 aan die nasionale kampioenskappe deel te neem.

Monnas is trots op hul ryers!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal