Twee nuwe personeellede het vanjaar by Hoërskool Langenhoven aangesluit. Hulle is van links, me. Malandi Oosthuizen (graad 8 en 9 Wiskunde) en me. Renette Symington (graad 8 en 9 Huistaal). Me. Oosthuizen was aan Hoërskool Stellenbosch verbonde en me. Symington het verlede jaar haar studies voltooi.
Hulle het sommer die jaar met ‘n verwelkomingsfunksie afgeskop het vinnig deel van die Das-familie geword. Daar word vir hulle baie voorspoed en sukses vir hul toekoms toegewens!