Lize-Mari Marais, topmatriekleerder van Hoƫrskool Langenhoven in 2017, het die skool se naam hoog gehou deur op die hoogste gebied, puik te presteer!
Lize-Mari behaal ān gemiddelde prestasie van 95.3%, 8 onderskeidings en word as die beste matrikulant in die Eden/Sentrale Karoo-streek aangewys. Sy is op die WKOD se merietelys en is deel van die top 50 beste matrikulante in die Wes-Kaap. Sy is 1ste in Toerisme in die Wes-Kaap, 8ste in Engels en 9de in Afrikaans.
Die Dasse is baie trots op hierdie pragtige prestasies en wens Lize-Mari alle sukses vir die toekoms!
Op die foto verskyn Lize-Mari Marais saam met Mnr. Piet de Villiers (skoolhoof) op Donderdag, 11 Januarie 2018, tydens die toekenningsgeleentheid.