Anré Farre, Trinity Griffiths, Nadia de Bruin en Rosa van Zyl is Dassies wat nie sommer sonder handskoene aangedurf moet word nie. Anré, Trinity en Nadia het almal hulle Wes-Kaap kleure vir karate behaal en Rosa haar groen belt. Anré is ‘n graad 10-leerder en Trinity, Nadia en Rosa is graad 8-leerders.
Op die foto verskyn van links: Trinity Griffiths, Nadia de Bruin, Anré Farre en Rosa van Zyl.