Hoërskool Langenhoven in Riversdal het op Maandag, 15 Januarie 2018, 96 baie opgewonde nuwe graad 8-leerders ontvang.
Die graad 8’s het die jaar afgeskop met ‘n opwindende week wat verskillende aktiwiteite soos pret by Korentepoortdam, spookhuis, skattejag, ‘n dag by die swembad, sokkie en ‘n sottekonsert ingesluit het. Na sottekonsert het die dassies met die skoollied en “flower of Dasse” afgesluit en is hulle sotkolle (geel knopie) oorhandig wat hulle volwaardige Dasse maak.
Op die foto verskyn die groep graad 8-leerders.