Agter vlnr: Anré Farre, Bernard Small, Ben St Arnaud, Miquel D’Emiljo, Isabel Coetzee, Mia Coetzee, me. Malandi Oosthuizen, Monique Brink, Mienke Doubell en Rut Gouws
Voor vlnr: Lené Radyn, Marina Jacobs, Dihan van Niekerk, Tinka Fox en Wena Pienaar.
Op Vrydag, 21 Februarie, het veertien baie opgewonde swemmers van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, reg vir die Red House River Mile-byeenkoms, in Port Elizabeth, vertrek.
Die Dassies het Saterdag, 22 Februarie, ‘n baie opwindende en avontuurlustige dag met hope pret gehad en onder andere, Addo Adrenalien, besoek. Saterdagaand het almal vroeg in die bed gespring sodat hul reg kan wees vir die volgende dag se 1.64 km swem. Hulle het Sondagoggend ongeveer 11 uur by die rivier aangekom. Die Dasse was goed voorbereid en elkeen het hulle beste gegee. Die Dasse se uitslae is ‘n bewys dat harde werk beloon word. Die uitslae is as volg:
Dogters – Mienke Doubell (26.56 min), me. Oosthuizen (29.25 min), Tinka Fox (30.27 min), Rut Gouws (30.48 min), Isabel Coetzee (32.21 min), Mia Coetzee (32.58 min), Lené Radyn (33.58 min), Wena Pienaar (34.07 min), Monique Brink (34.30 min) en Marina Jacobs (39.10 min).
Seuns – Miquel D’Emiljo (20.55 min), Ben St Arnaud (22.23 min), Bernard Small (23.23 min), Dihan van Niekerk (23.28 min) en Anré Farre (26.25 min)
Die skool is baie trots op hierdie Dassies en me. Oosthuizen!