Reevin February en Tinka Fox.
Reevin February, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven, en Tinka Fox, ‘n graad 11-leerder, is onderskeidelik as Sportman en –vrou van die jaar aangewys.
Reevin February het eerstespan krieket en rugby gespeel en is gekies om die Tony Stoops uitnodigings-rugbyspan, in Brittanje te verteenwoordig. Hy het ook provinsiale kleure in atletiek verwerf en is in die ASA O/20-jeugspan vir hoogspring opgeneem, en gekies om in Duitsland deel te neem.
Tinka Fox het Eden Netbalkleure vewerf, aan die Midmarmyl (swem) deelgeneem, asook verskeie gala’s geswem en het vierde plekke by die Wêreld Paralimpiese Spele in gewigstoot en spiesgooi verwerf.
Become a Sponsor










