Dine-Mari du Preez, hoofdogter van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het die gesogde Ambassadeurstoekening ontvang.
Hierdie is ‘n Das wat nie noodwendig altyd in die kalklig is nie. Sy is ‘n Das wat diensbaar is eerder as sigbaar. Die Ambassadeurstoekenning word toegeken aan die Das wat die skoolleuse, GETROU, op alle plekke en onder alle omstandighede uitleef. Hierdie persoon kan vertrou word om altyd die regte ding te doen en te lei deur woord en daad. Dine-Mari se lewensleuse is: “Die lewe is te kort om nie ‘n verskil te maak nie”.