Willandri Hanekom, toppresteerder van Hoërskool Langenhoven in graad 12, staan trots by al haar toekennings wat sy tydens die jaarlikse Erkenningsaand ontvang het.
Willandri het medaljes vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Besigheidstudies, Lewensoriëntering, Rekenaartoepassingstegnologie, Toerisme en Addisionele Wiskunde ontvang.
Sy ontvang diplomas vir Rekeningkunde en Wiskunde. Willandri het ‘n gemiddelde akademiese prestasie van 92.4% (volkleure).
Sy ontvang die Maraisbeker vir beste prestasie in Afrikaans Huistaal, die Henya Stander-trofee vir beste prestasie in Engels Eerste Addisionele Taal, die Wesbeker vir beste prestasie in Lewensoriëntering en die Riversdal Juweliersbeker vir beste prestasie in Besigheidstudie. Sy ontvang ook die Intellect-beker vir beste prestasie in RTT, die Oakhurst Gastehuis-trofee vir die beste prestasie in Toerisme en die Ferreira-beker vir beste prestasie in graad 12.
Baie geluk, Willandri!