Carla Conradie op Rika Joubert se perd, Storm Captain.
Carla Conradie, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven, het die Mat Henstock-trofee vir beste prestasie in ‘n nie-skoolsport ontvang.
Sy is in die senior 5-gang Proteaspan opgeneem en het tydens die Junie-vakansie aan ‘n internasionale kompetisie in die VSA, New Orleans, deelgeneem. Carla en haar span het die silwer medalje huistoe gebring.