Zoë Heyns, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, en Rochelle Janse van Rensburg, ‘n graad 9-leerder, het die afgelope vakansie aan die vyfde kwalifiserende SANESA-perdeskou te George deelgeneem. Beide leerders het provinsiale kleure verwerf.
Zoë behaal drie eerste plekke en twee tweede plekke en Rochelle behaal ‘n eerste plek. Hulle is in die Eden-span opgeneem en kwalifiseer ook om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Augustus deel te neem.
Op die foto verskyn Zoë Heyns (links) en Rochelle Janse van Rensburg (regs).