Hoërskool Langenhoven van Riversdal se rugbyspanne het op Donderdag, 19 Julie tuis teen Sao Bras van Mosselbaai kragte gemeet en goed gevaar.
Die o/15’s moes die knie met 5-21 teen die Mosselbaaiers buig, die O/16’s wen 26-12 en die eerste rugbyspan seëvier met 34-15.
Op die foto verskyn die Dasse se eerste rugbyspan, saam met hulle afrigter, Mnr. Pieter Franklin.