Hoërskool Langenhoven van Riversdal se matriekafskeid het op Donderdag, 21 Junie plaasgevind. Die saal was stylvol en klassiek versier.
Hiérdie sprokiesaand is iets waaroor elke matriekleerder droom. Die meisies het pragtig in hul aandrokke gelyk en die manne was deftig en sjarmant. Dit was ‘n aand wat elke leerder vir lank nog sal koester!
Die skool het vanjaar ‘n matriek voogstelsel begin waar elke onderwyser ongeveer vyf leerders kry om as hul voog op te tree. Op die foto verskyn mnr. Hardy de Beer, saam met sy voogleerders. Van links is: Dylan du Plessis, Megan Malan, Mnr. Hardy de Beer, Stephani Heenop (onderhoofdogter) en Purnille Albertyn. Agter is Radandt Malherbe (hoofseun), tydens die matriekafskeid.