Marlé van Wyk met haar trofee.
Marlé van Wyk, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhvoen, het die Christie Coetzee-trofee vir beste prestasie in ‘n enkele skoolsport ontvang. Sy het aan die Wêreld Paralimpiese Spele deelgeneem en ‘n goue medalje in die 200m verwerf, asook ‘n silwer medalje in die 100m. Marlé word boonop as die sewende vinnigste gestremde atleet in haar item (seniors en juniors) ter wêreld geag.