V.l.n.r: Simon Esterhuizen, Ewald Bredell en Ruan Marcus.
Hoërskool Brackenfell is trots op hul krieketspelers wat uitstekend gespeel het in ‘n wedstryd teen Hoërskool De Kuilen.
Baie geluk aan Ewald Bredell met sy boulsyfers van 3/13. Simon Esterhuizen het ‘n stewige 70 lopies in dieselfde wedstryd aangeteken en die o/16A Span het ook hierdie wedstryd met 97 lopies gewen. Ruan Marcus het 26 lopies teen De Kuilen in die Uitklopkompetisie aangeteken. Hoërskool Brackenfell se o/15A span het ook deurgedring na die Halfeindrondte.
Baie sterkte aan hierdie spelers!