Schools That Rock publiseer berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Langenhoven, Riversdal, oud-leerder Willem Botha, het sy merk in die lewe gemaak. Willem Botha, plaasseun van Riversdal in die Wes-Kaap, is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, akteur, Televisie-aanbieder en musiekvervaardiger sonder weerga. Willem het sy merk in die musiek-wêreld gemaak toe hy tweede geëindig het by Idols.
Hy het Drama studeer by die Universiteit van Stellenbosch en het sy akteurs-debuut gemaak met sy optrede in die film Liefling, Die Movie in 2010.
Willem het al verskeie gewilde liedjies die lig laat sien en beloof om nog baie meer vir sy bewonderaars te bring.