Keith Bergstedt, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, en Angelo Bergh, ‘n graad 10-leerder, is gekies om aan die finale rondte van Kyknet se Nasionale Toneelspelkompetisie te Artscape in Kaapstad, vanaf 3 – 5 Mei 2018 deel te neem.
Hierdie prestasie is nie net vir Hoërskool Langenhoven ‘n groot eer nie, maar ook vir Riversdal. Al die skole van regoor die land neem deel en die jaar was daar meer as 600 deelnemers. Slegs 60 leerders van regoor die land is hiervoor gekies, waarvan Hoërskool Langenhoven twee leerlinge in die finaal het.