Caitlin Oelofse, ? graad 11-leerder van Hoërskool Florida het vanaf 22 Junie tot 28 Junie 2018 in Suhl, Duitsland vir die eerste keer in haar Junior Proteakleure geskiet tydens die ISSF Junior Wêreldbeker kampioenskappe. Volgens die ISSF was daar hierdie jaar ‘n totaal van 761 skuts (rifle, pistol & shotgot) wat deelgeneem het en wat 61 Nasionale Olimpiese Komitees van regoor die wêreld verteenwoordig het. Sy het deelgeneem aan die “10m Air Rifle Women Junior” asook die “10m Air Rifle Mixed Team Junior”. Volgens Caitlin was dit ? ongelooflike eer en voorreg om Suid-Afrika te verteenwoordig en ? fantastiese leerproses en ondervinding wat sy nie gou sal vergeet nie.
Foto deur: Van Vuuren Photography