In ‘n mini-SA’s oor drie dae te Hartebeespoort het 29 pistoolskuts en 217 geweer-skuts skouer aan skouer deelgeneem aan 2x 3P en 1x 10M aflos om ‘n groot totaal van 1600 op te maak.
In die presisie-klas skiet Caitlin Oelofse twee volkaarte en Nadine Nel drie volkaarte. Caitlin skiet die kompetisie vir die sewende jaar en sluit af met ‘n segetog van drie goue medaljes en ‘n silwer medalje. Nadine spog met een goud en drie silwer medaljes.
Baie geluk!