Tydens die Nasionale netbaltoernooi te Hoërskool EG Jansen, het Hoërskool Florida baie goed presteer. Raquel Njela (Gr 9) ontvang ‘n goue spanmedalje, Crystal-Leigh Schaper (Gr 8) ontvang ‘n silwer spanmedalje en Nicole Barry (Gr. 12) ‘n brons spanmedalje.
Claudia Aggenbacht (Gr. 12) eindig in die Top 40 in SA (o/18) en ontvang ‘n uitnodiging na die o/21-Junior Proteakamp. Baie geluk!
Baie geluk aan Juf Aliesha Theron met die 0/16 Gauteng Netbalspan wat 2de geëindig het in die Nasionale Netbal Kampioenskappe gedurende die Julie vakansie.
Become a Sponsor









