Caitlin Oelofse, Nadine Nel en Johan van Heerden het op 14 en 15 Junie aan SAARA se OVL ope te Vanderbijlpark deelgeneem.
Caitlin het ‘n goue medalje vir die 10M-olimpies dames o/20 en ‘n silwer vir die 3P-Presisie o/20 verower. Nadine verower ‘n brons medalje vir die 10M-olimpies dames o/20 en ‘n goue medalje vir die 3P-Presisie o/20. Johan van Heerden verower ‘n brons medalje vir die 10M-olimpies mans o/20.
Caitlin kwalifiseer ook tydens dié ope as deel van die SAARA-span wat in Augustus aan die “All Africa Games” te Morocco gaan deelneem, onderhewig aan SASCOC se goedkeuring.
Baie geluk!
Foto: Caitlin Oelofse en Nadine Nel