Hoërskool DF Malan, Kaapstad, is baie trots op hul 2019-matriekuitslae! Dié skool het weereens in 2019 uitsonderlik presteer met ‘n 100% slaagsyfer.
92.92% Van die klas kry toelating tot ‘n Baccalaureus-graad.
Nommer een skool in Metro Noord.
65 Uit ‘n totaal van 212 leerders slaag met ‘n gemiddelde A-simbool (30.6% van die klas) terwyl 70 met ‘n gemiddelde B-simbool slaag. (d.w.s. 64% van die klas het bokant 70% gemiddeld).
Ses leerders slaag met ‘n gemiddelde persentasie hoër as 90%.
Die totale aantal vakonderskeidings is 565.
Die 5 toppresteerders is: Shani du Preez: 92.71%; Petrus du Preez: 91.57%; Julia Roelofse: 91.43%;
Jani Knoetze: 91.14% en Kara Theunissen: 90.57%.
Die volgende leerders het uitsonderlike prestasies gelewer:
9 vakonderskeidings: Julia Roelofse
8 vakonderskeidings: Petrus du Preez, Jani Knoetze, Zandria Spangenberg, Kara Theunissen, Jaco Wagener en Janneke Groenewald.
Hoërskool DF Malan se personeel, leerders en ouers is trots op die klas van 2019. Die groep het uitstekend presteer.
Baie geluk!