)

Hoërskool De Aar skuts presteer

Daniël du Toit van HSDA het aan die Interprovinsiale wedstryd deelgeneem waar hy Griekwaland-Wes verteenwoordig het.

Daniël is gekies as lid van die Junior Proteaspan wat aan ‘n internasionale toets teen die span van Brittanje geskiet het.

Die Proteas het hierdie toets gewen. Die tweede keer wat hulle teen die Britte skiet, het hulle ongelukkig verloor.
Daniël het ook sy provinsie tydens die 83ste SA Ope Bisley Kampioenskappe verteenwoordig en verwerf Provinsiale en Nasionale kleure vir skiet.

Philip du Toit het aan die Skotse Swaard wedstryd, gevolg deur 3 klubspan wedstryde, deelgeneem. Hy neem ook op
individuele basis deel aan die SA Ope Kampioenskappe.

Met deurlopende evaluasie tydens die kompetisie, naamlik die Staatspresident 1ste en 2de stadium, kwalifiseer hy ook om in die finale 3de stadium te skiet waar daar ‘n afsnypunt
was en slegs die top 57 skuts is gekies om deel te neem.

Hy het ook aan die interprovinsiale wedstryd deelgeneem waar hy Griekwaland-Wes verteenwoordig het. Hy word gekies as lid van die Junior Proteaspan wat aan ‘n internasionale
toets teen die span van Brittanje skiet.

Hulle het hierdie toets gewen. Ongelukkig het hulle die 2de toets teen Brittanje verloor.

Philip verteenwoordig sy provinsie en sy land tydens die 83ste SA Ope Bisley kampioenskappe en verwerf beide provinsiale en nasionale kleure vir skiet.

Foto: Daniël en Philip

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal