Elizca Bester van Hoërskool De Aar, het vanjaar aan haar tweede Cape Town Cycle Tour, beter bekend as die Argus, deelgeneem.
Die afstand van die Argus is 109km wat afgelê moet word.
Vanjaar was die op – en afdraende beslis nie maklik met die stormsterk suidooste wind wat met tye 75km per uur gehaal het.
Elizca en haar pa Hendri het die toer in ʼn tyd van 5:29 voltooi.
Dié HSDA leerder is maar net 14 jaar oud en het waarlik haar staal gewys.
Elizca sê sy het dit geniet, maar dit was baie uitputtend.
HSDA is trots op Elizca!
Become a Sponsor









