)

Hoërskool Cradock rugby vs. Hoërskool Aliwal-Noord

Op die rugbyveld van Hoërskool Cradock het die Kwaggas die afgelope Saterdag goeie uitslae gelewer.teen Hoërskool Aliwal-Noord. Die o/14-span behou hulle vorm en wen die eerste wedstryd van die dag 38-15. Die o/16-span speel ‘n taai wedstryd teen waardige opponente en, hoewel beide spanne se aanvalle glad uitgevoer is, kon beide CHS en ANHS daarin slaag om slegs 5 punte elk aan te teken. Díe wedstryd het dus gelykop geëindig.

CHS se eerste rugbyspan (foto bo) pak in die hoofwedstryd van die dag die eerste XV van ANHS. Theuns van der Nest breek deur ANHS se verdediging en druk ‘n pragtige drie wat deur Lesego Leseli verdoel word. Lesego se skopskoen is bitter akkuraat en hy stuur ook ‘n strafskop netjies tussen die pale deur. ANHS antwoord egter terug met goeie spanwerk en afronding om hierdie wedstryd 27-10 te wen.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal