Op die rugbyveld van Hoërskool Cradock het die Kwaggas die afgelope Saterdag goeie uitslae gelewer.teen Hoërskool Aliwal-Noord. Die o/14-span behou hulle vorm en wen die eerste wedstryd van die dag 38-15. Die o/16-span speel ‘n taai wedstryd teen waardige opponente en, hoewel beide spanne se aanvalle glad uitgevoer is, kon beide CHS en ANHS daarin slaag om slegs 5 punte elk aan te teken. Díe wedstryd het dus gelykop geëindig.
CHS se eerste rugbyspan (foto bo) pak in die hoofwedstryd van die dag die eerste XV van ANHS. Theuns van der Nest breek deur ANHS se verdediging en druk ‘n pragtige drie wat deur Lesego Leseli verdoel word. Lesego se skopskoen is bitter akkuraat en hy stuur ook ‘n strafskop netjies tussen die pale deur. ANHS antwoord egter terug met goeie spanwerk en afronding om hierdie wedstryd 27-10 te wen.