)

Hoërskool Cradock hokkie vs. Hoërskool Aliwal-Noord

 Die hokkiedogters van Hoërskool Cradock het die afgelope Saterdag gemengde welslae op die hokkieveld behaal teen Hoërskool Aliwal-Noord. Die juniors van die derdespan speel ‘n goeie wedstryd teen ‘n ervare span van ANHS, wat die wen beklink. Die tweedespan vaar beter in hul wedstryd en slaag daarin om die span van ANHS hard te laat werk vir hul doele. Die Kwaggas speel aanskoulike hokkie en ondanks volgehoue verdediging moet hul die wen afstaan aan ANHS  CHS verloor die wedstryd 0-3.

Tydens die eerstespan-kragmetings is dit egter duidelik dat ervaring en deursettingvermoë ‘n besliste impak op die uitkoms van ‘n wedstryd het. Die dogters van CHS se eerstespan speel ‘n uitmuntende wedstryd en hou die toeskouers vasgevang met hul spel, spoed en effektiewe bewegings. Teen halftyd is die telling 1elk. CHS het ‘n gedugte span wat hul kanse goed benut om punte aan te teken.  Hierdie dogters reken met ANHS se eerstespan af in ‘n baie opwindende wedstryd en wen 3-2.

CHS bedank graag al die ouers, leerders en toeskouers wat op die dag ons spanne van die kantlyn af aangemoedig het. Geluk aan al die spanne met hul onderskeie oorwinnings en dankie aan Aliwal-Noord Hoërskool vir ‘n dag van goeie wedstryde en sportmanskap.

Op foto bo: Jani Hatting op die aanval in Saterdag se eerstespanwedstryd teen ANHS.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal