Die hokkiedogters van Hoërskool Cradock het die afgelope Saterdag gemengde welslae op die hokkieveld behaal teen Hoërskool Aliwal-Noord. Die juniors van die derdespan speel ‘n goeie wedstryd teen ‘n ervare span van ANHS, wat die wen beklink. Die tweedespan vaar beter in hul wedstryd en slaag daarin om die span van ANHS hard te laat werk vir hul doele. Die Kwaggas speel aanskoulike hokkie en ondanks volgehoue verdediging moet hul die wen afstaan aan ANHS CHS verloor die wedstryd 0-3.
Tydens die eerstespan-kragmetings is dit egter duidelik dat ervaring en deursettingvermoë ‘n besliste impak op die uitkoms van ‘n wedstryd het. Die dogters van CHS se eerstespan speel ‘n uitmuntende wedstryd en hou die toeskouers vasgevang met hul spel, spoed en effektiewe bewegings. Teen halftyd is die telling 1elk. CHS het ‘n gedugte span wat hul kanse goed benut om punte aan te teken. Hierdie dogters reken met ANHS se eerstespan af in ‘n baie opwindende wedstryd en wen 3-2.
CHS bedank graag al die ouers, leerders en toeskouers wat op die dag ons spanne van die kantlyn af aangemoedig het. Geluk aan al die spanne met hul onderskeie oorwinnings en dankie aan Aliwal-Noord Hoërskool vir ‘n dag van goeie wedstryde en sportmanskap.
Op foto bo: Jani Hatting op die aanval in Saterdag se eerstespanwedstryd teen ANHS.